2 Kings 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die HERE wou Juda nie vernietig ter wille van Dawid, sy kneg nie, soos Hy hom beloof het om hom altyd 'n lig te gee en vir sy kinders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here wou Juda nie vernietig nie omdat Hy sy dienaar Dawid beloof het dat sy nageslag vir altyd op sy troon sal sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee. |
| Afrikaans 1983 | Die Here wou Juda nie vernietig nie, ter wille van sy dienaar Dawid. Die Here het hom belowe om altyd iemand uit sy nageslag op sy troon te laat sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ter wille van Dawid, sy dienskneg, wou die Here Juda nie vernietig nie, aangesien Hy vir Dawid beloof het om vir hom en sy seuns altyd 'n lamp te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here wou nie hê dat almal in Juda moet sterf nie, want Hy het vir Dawid belowe dat daar altyd iemand van Dawid se nageslag koning sal wees in Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ter wille van Dawid, wat ’n besondere verhouding met die Here gehad het, wou die Here Juda nie vernietig nie. Trouens, Hy het vir Dawid belowe dat daar altyd ’n koning uit sy nageslag in Juda sou regeer. |