2 Kings 8:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het, want die dogter van Agab was sy vrou; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Joram het die slegte voorbeeld gevolg van die konings van Israel net soos die dinastie van Agab gedoen het, want hy was met een van Agab se dogters getroud. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die pad van die konings van Israel geloop soos die koningshuis van Agab gedoen het, want hy was getroud met 'n dogter van Agab. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die pad van die konings van Israel gevolg, soos die huis van Agab gedoen het, want Agab se dogter was sy vrou. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het verkeerd gelewe soos die konings van Israel, soos die familie van Agab, want hy was getroud met 'n dogter van Agab. Joram het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was getroud met ’n dogter van Agab en het die slegte voorbeeld van die konings van Israel gevolg. Hy het dinge gedoen waarmee die Here nie tevrede was nie. |