2 Kings 8:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hásael sê: Maar wat, is u dienaar 'n hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En Elísa antwoord: Die HERE het my laat sien dat jy koning sal wees oor Aram. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gasael antwoord: “Hoe kan ek, wat niksbeduidend is, so iets doen?” Maar Elisa antwoord: “Die Here het vir my bekendgemaak dat jy koning oor Aram sal word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar H sael sê: Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En El¡sa antwoord: Die HERE het my jou laat sien as koning oor Aram. |
| Afrikaans 1983 | Maar Gasael het gesê: “Ek het nie enige mag nie, hoe sou ek so iets kon doen!” Elisa het geantwoord: “Die Here het aan my geopenbaar dat jy koning oor Aram sal word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gasael het egter gesê: “Maar wat is u dienaar, 'n hond, dat hy iets so erg sal doen?” Toe sê Elisa: “Die Here het aan my geopenbaar dat jy koning oor Aram sal word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gasael het gesê: “Ek is nie belangrik nie, ek is soos 'n hond wat niks beteken nie. Ek sal nie daardie slegte dinge doen nie.” En toe sê Elisa: “Die Here het vir my gewys dat jy die koning van die Arameërs sal word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar, Meneer, hoe kan ek wat eintlik niemand is nie, iets so verskrikliks doen?” het hy gevra. Elisa het geantwoord: “Die Here het aan my bekend gemaak dat jy die koning van Aram gaan word.” |