2 Kings 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hásael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat Ek weet watter onheil U die kinders van Israel sal aandoen: hulle vestings sal U aan die brand steek, en hulle jongmanne sal U met die swaard doodmaak en hulle kinders verpletter en hulle vroue verskeur het met kind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Waarom huil U, Meneer?” vra Gasael. Elisa antwoord hom: “Ek huil omdat ek weet van die verskriklike dinge wat jy die Israeliete sal aandoen. Jy sal hulle vestings afbrand, hulle jong mans doodmaak, hulle kinders teen die grond verpletter en hulle swanger vroue oopsny!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê H sael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny. |
| Afrikaans 1983 | “Waarom huil u?” het Gasael gevra. Elisa het geantwoord: “Omdat ek weet watter kwaad jy die Israeliete gaan aandoen. Jy sal hulle vestings in vlamme laat opgaan, hulle jongmanne doodmaak, hulle kindertjies verpletter en hulle swanger vrouens oopsny.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gasael het gevra: “Waarom huil my heer?” Hy het geantwoord: “Omdat ek weet watter kwaad jy die Israeliete gaan aandoen. Hulle versterkte stede sal jy aan die brand steek, hulle jong manne gaan jy met die swaard vermoor, hulle kinders sal jy te pletter slaan en hulle swanger vroue sal jy oopsny. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gasael het gevra: “Hoekom huil jy, Meneer?” En Elisa het gesê: “Ek huil omdat ek weet watter slegte dinge jy aan die mense van Israel sal doen. Jy sal hulle stede verbrand, hulle jongmanne doodmaak, hulle babas stukkend slaan en hulle vroue oopsny wat babas verwag.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gasael het gevra: “Waarom huil u, Meneer?” “Omdat ek weet watter verskriklike dinge jy met die Israeliete gaan doen,” het hy geantwoord. “Ek weet jy gaan hulle vestingstede aan die brand steek, hulle jongmans doodmaak, hulle kinders teen die grond doodslaan en dat jy hulle swanger vroue gaan oopsny.” |