2 Kings 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Elísa met die vrou wie se seun hy lewend gemaak het, gespreek en gesê: Staan op en gaan jy en jou huisgesin en vertoef as vreemdeling waar jy ook al kan vertoef, want die HERE het hongersnood geroep; en dit sal ook sewe jaar oor die land kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Elisa het vir die vrou wie se seun hy weer laat lewe het, gesê: “Roep jou huisgesin bymekaar en trek weg na ’n ander plek toe, want die Here het bepaal dat daar oor Israel ’n hongersnood sal kom wat sewe jaar sal duur.”
Afrikaans 1933/1953 En El¡sa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die HERE het 'n hongersnood geroep -- wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
Afrikaans 1983 Elisa het vir die vrou wie se seun hy in die lewe teruggebring het, gesê: “Maak klaar om te vertrek, jy en jou huisgesin. Gaan bly op enige plek in die buiteland waar jy blyplek kan kry, want die Here het 'n hongersnood van sewe jaar vir hierdie land bepaal, en dit het al klaar begin.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elisa het gepraat met die vrou wie se seun hy lewend gemaak het, en gesê: “Maak gereed en gaan, jy en jou huisgesin; gaan bly as •vreemdeling waar jy ook al kan, want die Here het 'n hongersnood aangekondig. Die ergste is, dit het gekom om sewe jaar lank oor die land te heers.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elisa het voorheen 'n vrou se seun weer laat lewe. Hy het met haar gaan praat en vir haar gesê: “Jy moet gereedmaak en weggaan, jy en jou huisgesin, en jy moet gaan woon in 'n ander land waar jy 'n vreemdeling is, want die Here het gesê daar sal sewe jaar lank hongersnood in hierdie land wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elisa het vir die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, gesê: “Vat jou familie en gaan bly op ’n plek in die buiteland. Die Here het bepaal dat daar in ons land ’n hongersnood gaan wees wat sewe jaar lank gaan aanhou.”