2 Kings 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE het die leër van die Arameërs laat hoor 'n gedruis van strydwaens en 'n gedruis van perde, ja, die gedruis van 'n groot leër; en hulle het vir mekaar gesê: Kyk, die koning van Israel het die konings teen ons gehuur van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars, om oor ons te kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het dit so bewerk dat die leër van Aram die gedreun van strydwaens, die galop van perde en die gedruis van ’n naderende leër gehoor het. “Die koning van Israel het seker die konings van die Hetiete en die Egiptenaars gehuur om ons aan te val!” roep hulle uit.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE het die leër van die Arameërs 'n gedruis van waens en 'n gedruis van perde, 'n gedruis van 'n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.
Afrikaans 1983 Die Here het die Arameërs in die kamp die geluid laat hoor van strydwaens, perde en 'n groot leër. Hulle het vir mekaar gesê: “Die koning van Israel het die konings van die Hetiete en van Egipte gehuur om ons aan te val.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Heer het die leër van die Arameërs die geluid van strydwaens en perde, die geluid van 'n groot mag, laat hoor, en hulle het vir mekaar gesê: “Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete en die konings van Egipte teen ons gehuur om ons te oorval!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het iets laat gebeur. Die Arameërs het gedink hulle hoor dat daar perde en oorlogkarre en baie manne aankom, en toe sê die Arameërs vir mekaar: “Kan julle dit hoor? Die koning van Israel het die konings van die Hetiete en van Egipte gehuur om te kom oorlog maak teen ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is wat gebeur het: Die Here het die Aramese soldate ’n geluid laat hoor wat geklink het soos ’n groot leërmag wat hulle aanval. Dit het geklink soos ’n geweldige klomp strydwaens en perde. Hulle het toe vir mekaar gesê: “Israel se koning het die Hetiete en die Egiptiese leërs gehuur om teen ons te kom veg.”