2 Kings 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het in die skemer opgestaan om na die laer van die Arameërs te gaan; en toe hulle aan die einde van die laer van Aram kom, was daar niemand daar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skemerdonker gaan hulle na die Arameërs se kamp toe. Toe hulle by die kant van die Arameërs se kamp kom, kry hulle ’n groot verrassing: Daar was niemand nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het klaargemaak in die aandskemer om in die laer van die Arameërs in te gaan; maar toe hulle aan die buitekant van die laer van die Arameërs kom, was daar niemand nie. |
| Afrikaans 1983 | Skemeraand het hulle na die kamp van die Arameërs toe vertrek. Toe hulle by die kant van die kamp van die Arameërs kom, ontdek hulle dat daar niemand is nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe teen skemerdonker gereedgemaak om na die Arameërs se kamp te gaan. Toe hulle by die kant van die Arameërs se kamp kom, kyk, toe is daar niemand nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe dit begin donker word, staan die vier melaatse mans op om na die Arameërs se kamp te gaan, maar toe hulle by die kamp kom, was hulle baie verbaas, want daar was niemand nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe teen die aand oorgeloop na die Arameërs se kamp toe. Toe hulle daar aankom, was daar nie ’n mens nie. |