2 Kings 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daardie heer het die man van God geantwoord en gesê: Nou kyk, as die HERE vensters in die hemel maak, kan so iets wees? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning se adjudant het toe vir die man van God gesê: “Dit kan nie gebeur nie, selfs al sou die Here die vensters van die hemel oopmaak!” En die man van God het geantwoord: “Jy sal met jou eie oë sien hoe dit gebeur, maar jy sal niks daarvan kan eet nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | het die adjudant die man van God geantwoord en gesê: Al maak die HERE ook vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die adjudant mos die man van God geantwoord: “Dit is onmoontlik selfs al maak die Here vensters in die hemel dat dit nou reën,” en Elisa het geantwoord: “Toe maar, jy sal dit met jou eie oë sien, maar jy sal net nie daarvan eet nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die adjudant het toe mos die man van God geantwoord en gesê: “Kyk, al sou die Here vensters in die hemelruim maak – sou so iets kon gebeur?” En hy het toe geantwoord: “Kyk, jy gaan dit met jou eie oë sien, maar daarvan sal jy nie eet nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie offisier het toe vir die man van God geantwoord en gesê: “Dit wat jy sê, kan nooit gebeur nie, ook nie as die Here vensters in die hemel maak waardeur die reën kan val nie.” En Elisa het gesê: “Jy sal sien dat dit gebeur, maar jy sal nie self van daardie meel of gars eet nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die offisier wat saam met die koning was, het toe vir Elisa gesê: “Jy is verspot, man! Selfs al maak die Here die hemel se vensters nóú oop, kan jou storie nie waar word nie!” Elisa het hom toe geantwoord: “Jy sal dit self sien gebeur, maar jy sal nie daarvan eet nie.” |