2 Kings 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het die heer op wie se hand hy geleun het aangestel om die bevel van die poort te neem; en die volk het hom in die poort getrap, en hy het gesterf, soos die man van God gesê het wat gespreek het toe die koning na hom afkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning stel toe die adjudant, sy vertroueling, aan om die oorvloed bedrywighede by die poort te beheer. Maar die inwoners het hom in die poort doodgetrap. Alles het net so gebeur soos wat die man van God gesê het toe die koning na sy huis toe gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na hom afgekom het. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het die adjudant, wat sy vertroueling was, in bevel van die poort geplaas, maar hy is deur die volk in die poort doodgetrap, net soos die man van God dit vir die koning gesê het toe dié na hom toe gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, by die poort laat toesig hou. Maar die mense het hom in die poort vertrap en hy het gesterf, soos die man van God gesê het toe die koning na hom afgegaan en hy met hom gepraat het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir die offisier wat langs hom gestaan het, gesê hy moet by die poort staan en kyk dat alles reg gaan. Maar die mense het die offisier doodgetrap in die poort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die chaos het die koning die offisier wat saam met hom was, aangestel om orde in die poortgebied van die stad te handhaaf. Die skare het hom egter daar op die plein by die poort doodgetrap. So het alles gebeur soos Elisa voorspel het toe die koning die vorige dag na sy huis toe gekom het. |