2 Kings 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manskappe het uitgegaan en die tente van die Arameërs geplunder. So is dan 'n maat fynmeel vir 'n sikkel verkoop, en twee mate gars vir 'n sikkel, volgens die woord van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die inwoners van Samaria uit die stad gestorm en die Arameërs se kamp geplunder. So het dit dan gebeur dat vyf kilogram meel of dubbel die hoeveelheid gars net ’n sikkel silwer gekos het, net soos die Here belowe het.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en 'n maat fynmeel het 'n sikkel gekos, en twee mate gars 'n sikkel, volgens die woord van die HERE.
Afrikaans 1983 Toe het die volk uit die stad uit gegaan en die kamp van die Arameërs geplunder. Vyf kilogram meel of nege kilogram gars het net elf gram silwer gekos, soos die Here gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) waarop die volk toe uitgaan en die Arameërs se kamp plunder. 'n Sea gesifte meel is teen 'n sikkel, en twee sea gars teen 'n sikkel verkoop, ooreenkomstig die woord van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die mense van die stad uitgegaan en hulle het alles gevat wat in die Arameërs se tente was. Alles het gebeur soos die Here gesê het: Een sea koringmeel het 'n sikkel gekos en twee sea gars het ook 'n sikkel gekos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Samaria het uit die stad uitgestorm om die Aramese kamp te gaan plunder. Só het dit waar geword dat ses liter fynmeel of twaalf liter garsmeel net ’n paar gram silwer gekos het.