2 Kings 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan, en kyk, die hele pad was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle haas weggegooi het. En die boodskappers het teruggekom en dit aan die koning meegedeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het tot by die Jordaanrivier agter hulle aangegaan. Die hele pad was besaai met klere en ander goedere wat die Arameërs weggegooi het in hulle haas om te vlug. Die verkenners het teruggekom en dit vir die koning vertel.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan; en kyk, die hele pad was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle oorhaastige vlug weggegooi het. Daarop draai die boodskappers om en deel dit aan die koning mee.
Afrikaans 1983 Hulle is agter hulle aan tot by die Jordaan. Die hele pad het vol klere en goed gelê wat die Arameërs in hulle haas om weg te kom, weggegooi het. Die boodskappers het teruggekom en dit aan die koning meegedeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is agter hulle aan tot by die Jordaan. En kyk, die hele pad was besaai met kledingstukke en toerusting wat die Arameërs in hulle haas neergegooi het. Die boodskappers het omgedraai en aan die koning berig gebring,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het tot by die Jordaan-rivier gegaan om die Arameërs te soek. Oral op die pad het klere en wapens gelê wat die Arameërs weggegooi het terwyl hulle weggehardloop het. Die manne het teruggegaan en hulle het dit vir die koning vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is toe daar weg en het die spoor van die Aramese leër gevolg tot by die Jordaanrivier. Die pad waarlangs hulle gevlug het, was besaai met klere en goed wat die Aramese soldate neergegooi het om vinniger te kan vlug. Die verkenners het teruggekom en vir die koning vertel wat hulle gesien het.