2 Kings 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het in die nag opgestaan en aan sy dienaars gesê: Ek sal julle nou vertel wat die Arameërs ons aangedoen het. Hulle weet dat ons honger is; daarom het hulle uit die laer gegaan om hulle in die veld weg te kruip en te sê: As hulle uit die stad uitkom, sal ons hulle lewendig vang en in die stad ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die middel van die nag het die koning opgestaan en vir sy amptenare gesê: “Ek sal vir julle sê wat die Arameërs se plan met ons is! Hulle weet ons het nie kos nie. Daarom het hulle die kamp verlaat en êrens in die veld gaan wegkruip. Hulle dink: ‘Kom ons wag dat hulle uitgaan uit die stad. Dan sal ons hulle lewendig vang en self die stad binnegaan.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe staan die koning in die nag op en sê aan sy dienaars: Laat ek julle vertel wat die Arameërs aan ons gedoen het. Hulle weet dat ons honger ly; daarom het hulle uit die laer getrek om hulle in die veld weg te steek, en gesê: As hulle uit die stad uittrek, sal ons hulle lewendig vang en in die stad inkom. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het die nag opgestaan en vir sy amptenare gesê: “Ek sal julle vertel wat die Arameërs met ons wil doen! Hulle weet ons is uitgehonger. Hulle het uit die kamp uit gegaan en in die veld gaan wegkruip met die gedagte: as die Israeliete uit die stad uitgaan, vang ons hulle lewendig en kom so self in die stad.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het in die nag opgestaan en vir sy amptenare gesê: “Laat ek tog vir julle vertel wat die Arameërs aan ons wil doen. Hulle weet dat ons honger ly. Hulle het uit die kamp gegaan om in die veld weg te kruip, met die gedagte: Wanneer hulle uit die stad gaan, sal ons hulle lewendig vang en in die stad inkom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en toe die koning dit daardie nag hoor, het hy opgestaan en vir sy amptenare gesê: “Ek weet wat die Arameërs met ons wil doen. Hulle weet ons is honger. Hulle het uitgegaan uit die kamp en hulle het in die veld gaan wegkruip. Hulle wil ons lewendig vang wanneer ons uit die stad kom, sodat hulle in die stad kan inkom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die koning die nuus kry, het hy in die middel van die nag opgestaan. Hy het vir sy offisiere gesê: “Laat ek julle vertel wat die Arameërs se plan is. Hulle weet tog dat ons hier in die stad van die honger vergaan. Nou het hulle hulle kamp ontruim en in die veld gaan wegkruip. Hulle probeer ons uit die stad uitlok om ons gevange te neem en die stad dan in te neem.” |