2 Kings 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe gekom en die portier van die stad geroep, en hulle het hulle meegedeel en gesê: Ons het by die laer van die Arameërs gekom, en kyk, daar was niemand daar nie, ook geen stem van 'n mens nie, maar vasgemaakte perde en vasgemaakte esels, en die tente soos hulle was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle gaan toe na die stad, roep na die poortwagters en vertel hulle wat gebeur het: “Toe ons by die Arameërs se kamp kom, ontdek ons daar was nie ’n mens te sien of te hoor nie. Daar was net perde en donkies wat vasgemaak was en die tente het almal nog net so daar gestaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het gekom en na die poortwagters van die stad geroep en aan hulle berig gebring en gesê: Ons het by die laer van die Arameërs gekom, maar kyk, daar was niemand en geen mens se stem nie, maar net vasgemaakte perde en vasgemaakte esels en tente net soos dit was. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het by die stad aangekom en na die wagte geroep en vir hulle vertel: “Toe ons by die kamp van die Arameërs gekom het, was daar niemand te sien of te hoor nie. Daar was net vasgemaakte perde en donkies, en die tente net soos hulle gelos is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle gaan toe, roep na die poortwag van die stad en lig hulle in: “Ons het by die Arameërs se kamp gekom, en kyk, daar was niemand nie, nie die geluid van 'n mens nie; slegs vasgemaakte perde en donkies, en tente, net so agtergelaat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle kom toe by die poort van die stad en hulle skree vir die wagte: “Ons het in die Arameërs se kamp gekom, en daar was niemand nie. Die perde en donkies is daar vasgemaak, en die tente is ook nog daar.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe terug stad toe. Hulle het die stad se poortwagters geroep en vertel wat in die vyand se kamp gebeur het. Hulle het gesê: “Toe ons by die Arameërs se kamp kom, was daar geen mens in sig nie. Daar was net perde en donkies wat vasgemaak was en die tente wat daar staan.” |