2 Kings 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Elísa: Hoor die woord van die HERE; So sê die HERE: Môre omtrent hierdie tyd sal 'n maat fynmeel vir 'n sikkel verkoop word en twee mate gars vir 'n sikkel, in die poort van Samaria. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa het geantwoord: “Luister na hierdie boodskap van die Here! Dis wat die Here sê: ‘Môre, teen hierdie tyd, sal vyf kilogram meel of dubbel soveel gars net elf gram silwer hier in die poort van Samaria kos.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê El¡sa: Hoor die woord van die HERE! So spreek die HERE: M“re omtrent sulke tyd sal 'n maat fynmeel 'n sikkel, en twee mate gars 'n sikkel kos in die poort van Samar¡a. |
| Afrikaans 1983 | Maar Elisa sê: “Hoor die woord van die Here! So het die Here gesê: Môre hierdie tyd sal 'n mens vir elf gram silwer vyf kilogram meel of nege kilogram gars kom koop, hier in die poort van Samaria.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Elisa het gesê: “Hoor die woord van die Here! So sê die Here, ‘Môre teen hierdie tyd sal 'n sea gesifte meel teen 'n sikkel, en twee sea gars teen 'n sikkel verkoop word in die stadspoort van Samaria. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa het vir die koning gesê: “Luister wat sê die Here: Môre, hierdie selfde tyd, sal kos weer goedkoop wees, 'n sea koringmeel sal een sikkel kos, en twee sea gars sal een sikkel kos in die poort van Samaria.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa het hom geantwoord: “Luister ’n bietjie wat sê die Here: ‘Môre, omtrent hierdie tyd, sal ses liter fynmeel of twaalf liter garsmeel op Samaria se mark net ’n paar gram silwer kos.’” |