2 Kings 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar terwyl iemand besig was om 'n balk te kap, het die bylkop in die water geval, en hy het uitgeroep en gesê: Ag, meester! want dit is geleen.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl een van hulle besig was om ’n boom te kap, val sy byl in die water. “Ag, Meneer!” roep hy uit. “Dit is ’n geleende byl!”
Afrikaans 1933/1953 Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!
Afrikaans 1983 Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar terwyl die een besig was om 'n balk af te kap, val die byl se kop in die water. Hy roep toe uit en sê: “Ag, my heer, dit was 'n geleende een!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl een van die profete besig was om 'n groot boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy het geskree en gesê: “Ag, Meneer, dit is 'n byl wat ek geleen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle werk, het een se byl van die steel losgeraak en in die water geval. “Ag, Meneer,” het hy gekerm, “dit was ’n geleende byl!”