2 Kings 6:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper na hom toe, en hy sê: Kyk, hierdie onheil kom van die HERE; wat moet ek nog op die HERE wag?
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Elisa besig was om dit te sê, kom die boodskapper daar aan met die boodskap: “Die koning sê: Die Here het al hierdie ellende oor ons gebring! Hoekom moet ek nog langer vir die Here wag?”
Afrikaans 1933/1953 Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. En die koning sê: Kyk, hierdie onheil kom van die HERE; wat sou ek langer op die HERE wag?
Afrikaans 1983 Terwyl Elisa nog so met hulle sit en praat, het die koning self na hom toe gekom en gesê: “Kyk watter ellende het die Here oor ons gebring. Hoe kan ek nog op die Here hoop!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was nog besig om met hulle te praat, kyk, toe kom die boodskapper al daar na hom toe af! Die koning sê toe: “Kyk, hierdie onheil is van die Here. Waarom sou ek dan nog op die Here wag?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Elisa besig was om te praat, het die koning self daar aangekom. En toe sê hy vir Elisa: “Dit is die Here wat dit so sleg laat gaan met ons. Ek weet Hy wil ons nie help nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was nog besig om te praat toe dit gebeur. Die koning het Elisa toegesnou: “Dit is die Here self wat hierdie ellende oor ons laat kom het! Hoe kan ek nog langer hoop dat Hy ons moet red?”