2 Kings 6:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy: God doen so en nog meer aan my as die hoof van Elisa, die seun van Safat, vandag op hom staan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mag God my tref as ek vandag Elisa seun van Safat se kop aan sy lyf laat bly,” sê die koning.
Afrikaans 1933/1953 en hy sê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen, as die hoof van El¡sa, die seun van Safat, vandag op hom sal bly staan.
Afrikaans 1983 Hy het uitgeroep: “Mag die Here my om die lewe bring as ek vandag Elisa seun van Safat se kop op sy lyf laat bly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe: “Mag God my swaar straf as Elisa, seun van Safat, se kop vandag steeds op sy lyf is!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het gesê: “Vandag sal ek die kop van Elisa seun van Safat laat afkap. God moet my straf as ek dit nie doen nie.” Die koning het iemand gestuur om Elisa se kop af te kap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “God kan my maar doodmaak as ek nie vandag nog vir Elisa doodmaak nie,” het hy ontsteld verklaar.