2 Kings 6:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koning die woorde van die vrou hoor, het hy sy klere geskeur; en hy het by die muur verbygegaan, en die volk het dit gesien, en kyk, hy het 'n roukleed van binne oor sy vlees gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die koning dit hoor, skeur hy sy klere van radeloosheid. Soos die koning al met die muur loop, merk die mense dat hy ’n roukleed onder sy klere dra.
Afrikaans 1933/1953 En toe die koning die woorde van die vrou hoor, skeur hy sy klere, terwyl hy op die muur verder loop -- die mense het gesien hoe daar 'n roukleed onder op sy liggaam was --
Afrikaans 1983 Toe die koning die vrou se verhaal hoor, het hy sy klere geskeur. Soos hy op die muur langs verbygeloop het, kon die bevolking sien dat hy 'n roukleed onder sy ander klere aanhet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die koning die vrou se woorde hoor, het hy sy klere geskeur, terwyl hy op die stadsmuur verbygaan. Die volk sien toe dat hy sowaar onder sy klere 'n roukleed aan het!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die koning hoor wat die vrou sê, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het op die muur geloop, en die mense kon sien dat hy rouklere aangehad het onder sy ander klere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning was verskriklik ontsteld toe hy haar storie hoor. Hy het sy klere stukkend geskeur as teken van sy ontsteltenis. Toe hy verder loop, kon die stad se mense sien dat hy ’n growwe roukleed onder sy klere aangehad het.