2 Kings 6:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag kan eet, en ons sal môre my seun eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar wat is jou probleem?” vra die koning. Sy antwoord: “Hierdie vrou het voorgestel: ‘Gee jou seun dat ons hom vandag kan eet, dan eet ons my seun môre.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet. |
| Afrikaans 1983 | Toe die koning haar vra wat haar moeilikheid is, antwoord sy: “Hierdie vrou het aan my voorgestel: ‘Gee jou kind dat ons hom vandag eet, dan kan ons môre my kind eet.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning sê toe ook vir haar: “Wat is jou probleem?” Sy het geantwoord: “Hierdie vrou het vir my gesê, ‘Gee jou seun, dat ons hom vandag eet. My seun kan ons môre eet’. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning vra toe vir die vrou: “Maar wat is jou probleem?” En sy het gesê: “Hierdie vrou het vir my gesê ek moet my seun gee sodat ons hom vandag kan eet, dan eet ons môre haar seun. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe vra hy haar: “Waarmee kan ek help?” “In my saak teen dié vrou, o koning,” het sy geantwoord. “Sy het gesê: ‘Kom ons eet jou seun vandag, dan kan ons môre myne gaarmaak.’ |