2 Kings 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n groot hongersnood in Samaría, en kyk, hulle het dit beleër totdat 'n eselkop vir tagtig sikkels silwer verkoop is, en 'n vierde deel van 'n kajuit duiwemis vir vyf sikkels silwer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het toe ’n ernstige hongersnood in die stad ontstaan. Na ’n tyd is ’n donkiekop verkoop vir een kilogram silwer, en ’n handjie vol duiwemis vir omtrent 50 gram silwer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was 'n groot hongersnood in Samar¡a, want hulle het dit beleër totdat 'n eselskop tagtig sikkels silwer en 'n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was. |
| Afrikaans 1983 | Daar het 'n groot hongersnood in Samaria ontstaan, en die beleg het voortgeduur totdat die kop van 'n donkie naderhand byna 'n kilogram silwer gekos het en 'n klein skeppie duiwemis sewe en vyftig gram. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 'n groot hongersnood in Samaria; ja, kyk, hulle het die stad beleër totdat 'n donkiekop teen tagtig sikkel silwer, en 'n kwart kab duiwemis teen vyf sikkel silwer verkoop is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het daar gebly, en die kos in Samaria het baie min geword. Die kos het later baie duur geword, 'n donkie se kop het 80 sikkels gekos en 'n klein bietjie duiwemis het vyf sikkels gekos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Verskriklike hongersnood het geleidelik as gevolg van die beleg ontstaan. Dit was só erg dat ’n donkiekop later byna ’n kilogram silwer en ’n skeppie duiwemis meer as 50 gram silwer gekos het. |