2 Kings 6:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vir hulle groot kos berei, en nadat hulle geëet en gedrink het, het hy hulle weggestuur, en hulle het na hul heer gegaan. So het die bendes van Aram nie meer in die land van Israel gekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het toe ’n groot fees vir hulle voorgesit en hulle toe teruggestuur na hulle koning toe. Daarna het die Aramese plunderaars nie weer die land Israel binnegeval nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het hulle 'n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul heer getrek. En die bendes van die Arameërs het verder nie meer in die land van Israel gekom nie.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het vir hulle 'n groot feesmaal gegee. Nadat hulle geëet het, het hy hulle laat gaan, terug na hulle koning toe. Die bendes van die Arameërs het toe nie weer in die land Israel gekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het toe vir hulle 'n groot fees voorgesit. Nadat hulle geëet en gedrink het, het hy hulle weggestuur en hulle het na hulle heer toe gegaan. Die roofbendes van die Arameërs het toe nie meer in die gebied van Israel gekom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel het toe vir hulle 'n groot fees-ete gegee, en nadat die Arameërs geëet en gedrink het, het hy hulle laat gaan. Hulle het teruggegaan na hulle koning toe, en die Arameërs het nie gou weer die stede in die land Israel kom aanval nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het toe vir hulle ’n groot ete voorberei. Toe die Aramese soldate klaar geëet het, het hy hulle na hulle koning toe laat teruggaan. Daarna het die Aramese bendes opgehou om rooftogte op Israelitiese grondgebied uit te voer.