2 Kings 6:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy antwoord: Jy mag hulle nie slaan nie; wil jy die wat jy gevange geneem het met jou swaard en met jou boog slaan? sit brood en water voor hulle, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Natuurlik nie!” sê Elisa vir hom. “Maak jy die krygsgevangenes dood wat jy met jou swaard en boog gevang het? Gee vir hulle kos en iets om te drink sodat hulle kan teruggaan na hulle koning toe.”
Afrikaans 1933/1953 Maar hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het? Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan trek.
Afrikaans 1983 “Nee, moet hulle nie doodmaak nie,” was sy antwoord. “Sou jý mense doodmaak wat jy met jou eie swaard en jou pyl en boog krygsgevange geneem het? Sit vir hulle eet- en drinkgoed voor, dat hulle kan eet voordat hulle teruggaan na hulle koning toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy antwoord: “Jy mag hulle nie aanval nie. Sou jy dié wat jy met jou swaard en boog gevange geneem het, aanval? Sit vir hulle brood en water voor, sodat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Elisa het gesê: “Nee, jy moenie vir hulle doodmaak nie. Jy het hulle nie in 'n oorlog gevang nie, daarom mag jy hulle nie doodmaak nie. Gee vir hulle kos en water sodat hulle kan eet en kan teruggaan na hulle koning toe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Natuurlik nie!” het Elisa geantwoord. “Jy sal tog nie krygsgevangenes wat jy gevang het, sommer doodmaak nie. Nee, gee vir hulle iets om te eet en te drink en stuur hulle terug na hulle koning toe.”