2 Kings 6:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle in Samaria aankom, het Elísa gesê: HERE, open die oë van hierdie manne, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, en hulle sien; en kyk, hulle was in die middel van Samaria.
Afrikaans (NLV) 2011 Net toe hulle Samaria binnegaan, bid Elisa: “Here, laat hulle weer sien.” Die Here het hulle oë oopgemaak en toe hulle opkyk, is hulle binne-in Samaria!
Afrikaans 1933/1953 En by hulle aankoms in Samar¡a, sê El¡sa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samar¡a!
Afrikaans 1983 Toe hulle in Samaria kom, sê Elisa: “Here, maak hierdie mense se oë oop dat hulle kan sien.” Toe die Here hulle oë oopmaak en hulle kyk, toe is hulle binne-in Samaria!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en toe hulle in Samaria kom, sê Elisa: “ Here, maak hierdie mense se oë oop, sodat hulle kan sien.” Die Here het hulle oë oopgemaak, en hulle sien toe hulle is sowaar binne-in Samaria!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle in Samaria kom, het Elisa gebid: “Here, maak nou hierdie manne se oë oop sodat hulle kan sien.” Die Here het dit gedoen, en toe hulle kyk, was hulle binne-in Samaria.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar aangekom, het Elisa weer gebid: “Here, laat hulle weer sien, asseblief.” Toe hulle hulle oë oopmaak, was hulle in die middel van die stad Samaria!