2 Kings 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen 'n balk daarvandaan neem, en laat ons daar vir ons 'n plek maak waar ons kan woon. En hy antwoord: Gaan! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat ons afgaan na die Jordaanrivier toe waar elkeen ’n paal kan gaan kap. Ons kan daar ’n nuwe vergadersaal bou.” “Goed,” sê hy. “Gaan gerus.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan. |
| Afrikaans 1983 | Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.” “Gaan gerus,” het hy geantwoord. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons asseblief na die Jordaan gaan en daar elkeen 'n balk kry, sodat ons daar vir ons 'n plek kan maak om te bly.” “Gaan!” het hy gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Laat ons asseblief na die Jordaan-rivier gaan. Ons kan daar pale afkap, sodat ons die plek groter kan maak waar ons moet sit.” Elisa het gesê dit is goed, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kan ons langs die Jordaanrivier gaan hout kap? As elkeen ’n paar balke bring, kan ons ’n nuwe plek bou waar ons bymekaar kan kom.” Elisa het vir hulle gesê: “Gaan gerus!” |