2 Kings 6:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Elísa vir hulle: Dit is nie die weg nie, en dit is nie die stad nie; volg my, en ek sal julle bring na die man na wie julle soek. Maar hy het hulle na Samaria gelei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa sê toe vir hulle: “Julle is op die verkeerde pad! Dis ook nie die regte stad nie! Volg my en ek sal julle neem na die man vir wie julle soek.” So het hy hulle na Samaria toe gelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê El¡sa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samar¡a gelei. |
| Afrikaans 1983 | Elisa sê toe vir hulle: “Dis nie die regte pad nie en dis nie die regte stad hierdie nie. Kom agter my aan, dan lei ek julle tot by die man vir wie julle soek.” Hy het hulle na Samaria toe gelei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna sê Elisa vir hulle: “Dit is nie die pad hierdie nie, en dit is nie die dorp nie. Volg my, sodat ek julle kan lei na die man na wie julle soek.” Hy het hulle na Samaria gelei, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa het vir hulle gesê: “Julle is op die verkeerde pad en by die verkeerde stad. Kom saam met my, dan sal ek julle bring in die stad wat julle soek.” En toe bring Elisa die Arameërs na die stad Samaria. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa sê toe vir die klomp soldate: “Julle is op die verkeerde pad. Hierdie is nie die stad wat julle soek nie. Volg my, dan neem ek julle na die man toe wat julle soek.” Elisa het hulle toe reguit na Samaria toe gelei. |