2 Kings 6:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle by hom afkom, het Elísa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie volk met blindheid. En hy het hulle met blindheid geslaan volgens die woord van Elísa.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Aramese leër naderkom, bid Elisa: “Here, slaan hulle tog met blindheid!” Die Here het gedoen soos Elisa gevra het.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle na hom afkom, het El¡sa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van El¡sa met blindheid geslaan.
Afrikaans 1983 Toe die Arameërs op hom afstorm, het Elisa tot die Here gebid: “Slaan tog hierdie mense met blindheid!” Die Here het hulle met blindheid geslaan net soos Elisa gevra het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Arameërs na hom afkom, bid Elisa tot die Here en sê: “Slaan tog hierdie nasie met blindheid!” Die Here het hulle toe met blindheid geslaan, soos Elisa versoek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Arameërs nader kom, het Elisa tot die Here gebid en gevra: “Here, laat hierdie mense asseblief blind word.” Die Here het gedoen wat Elisa gevra het, en die Arameërs het blind geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Aramese soldate vir Elisa bestorm, het hy gebid: “Here, maak hulle asseblief blind!” En die Here het dit gedoen.