2 Kings 6:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van die jongman geopen; en hy het gesien, en kyk, die berg was vol perde en strydwaens van vuur rondom Elisa.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bid Elisa: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!” Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was.
Afrikaans 1933/1953 En El¡sa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom El¡sa.
Afrikaans 1983 Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elisa het toe gebid en gesê: “ Here, maak tog sy oë oop, dat hy kan sien!” Daarop het die Here die dienaar se oë oopgemaak, en hy sien toe – sowaar, die berg rondom Elisa is vol perde, en strydwaens van vuur!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elisa het gebid en gevra: “Here, maak asseblief sy oë oop sodat hy kan sien.” Die Here het die oë van die jongman oopgemaak, en toe sien hy dat die berge rondom Elisa vol perde en oorlogkarre van vuur is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elisa bid toe: “Here, maak asseblief sy oë oop sodat hy ook kan sien wat ek sien.” Skielik het die assistent gesien dat die heuwels rondom Elisa vol perde en strydwaens van vuur was.