2 Kings 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan stuur en haal. En dit is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, hy is in Dotan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Aram beveel hulle toe: “Gaan en stel vas waar Elisa is. Dan stuur ek troepe om hom te vang.” Hy kry toe berig: “Elisa is in Dotan.”
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan.
Afrikaans 1983 Die koning van Aram het gesê: “Gaan vind uit waar hy is, dan stuur ek manne om hom te vang.” Die koning is meegedeel: “Hy is in Dotan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê hy: “Gaan kyk waar hy is, sodat ek hom kan laat vang.” Toe daar aan hom berig gebring is, “Kyk, hy is in Dotan! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Aram het gesê hulle moet uitvind waar Elisa is, sodat hy mense kan stuur om vir Elisa te vang. Die koning hoor toe dat Elisa in die stad Dotan is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nou gaan kyk waar hy is,” het die koning gesê, “sodat ons hom kan vang.” Hulle het vir die koning laat weet dat Elisa in die dorp Dotan is.