2 Kings 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê een van sy dienaars: Nie een nie, my heer die koning, maar Elisa, die profeet wat in Israel is, vertel die koning van Israel die woorde wat jy in jou slaapkamer spreek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dis nie ons nie, o Koning,” antwoord een van die offisiere. “Elisa, die profeet in Israel, vertel alles aan die koning van Israel. Selfs wat u in u slaapkamer sê, is aan hom bekend!”
Afrikaans 1933/1953 En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar El¡sa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.
Afrikaans 1983 Een van sy offisiere het geantwoord: “Nie een van ons nie, U Majesteit, maar die profeet Elisa daar in Israel kan vir die koning van Israel vertel selfs wat u in u slaapkamer sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van sy amptenare het geantwoord: “Nie een van ons nie, my heer die koning; maar Elisa, die profeet wat in Israel is, deel die koning van Israel die woorde mee wat u in u slaapkamer praat.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van sy offisiere het gesê: “Nee, Meneer die koning, dit is nie een van ons manne nie, dit is die profeet Elisa wat daar in die land Israel is. Hy weet alles en hy kan vir sy koning ook die dinge sê wat jy in jou slaapkamer praat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dis nie een van ons nie, o koning,” het een van die offisiere geantwoord. “Dis Elisa, die profeet van Israel, wat alles weet. Hy kan selfs vir sy koning vertel wat u in u slaapkamer sê!”