2 Kings 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Israel het na die plek gestuur wat die man van God hom aangewys het en hom waarsku, en hom daar gered, nie een of twee keer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan het die koning boodskappers na die plek gestuur waarvan die man van God gepraat het en die mense gewaarsku. Hulle was dus op hulle hoede. Dit het etlike kere gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie. |
| Afrikaans 1983 | Gevolglik het die koning van Israel boodskappe deurgestuur na die plek toe wat die man van God aan hom genoem het en hom voor gewaarsku het. Die mense daar was dan keer op keer voorbereid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom het die koning van Israel 'n boodskap gestuur na die plek wat die man van God vir hom aangewys en waarteen hy hom gewaarsku het. Hulle was daar toe op hulle hoede. Dit het nie net een of twee keer gebeur nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel het 'n boodskap gestuur en hy het die mense wat daar was, gewaarsku. Dit het meer as een maal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning sou dan dadelik ’n boodskap na die betrokke plek toe stuur om die mense daar te waarsku om versigtig te wees. Dit het ’n hele paar keer gebeur. |