2 Kings 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, het hy na die koning gestuur om te sê: Waarom skeur jy jou klere? laat hom nou na my toe kom, en hy sal weet dat daar 'n profeet in Israel is.
Afrikaans (NLV) 2011 Elisa, die man van God, het gehoor van die koning se reaksie en stuur toe vir hom ’n boodskap: “Hoekom is u so ontsteld? Stuur Naäman na my toe. Dan sal hy agterkom dat daar ’n ware profeet in Israel is.”
Afrikaans 1933/1953 Maar toe El¡sa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar 'n profeet in Israel is.
Afrikaans 1983 Elisa die man van God het te hore gekom dat die koning van Israel sy klere geskeur het en het 'n boodskap aan die koning gestuur: “Hoekom het u u klere geskeur? Laat Naäman na my toe kom, sodat hy kan besef dat daar 'n profeet in Israel is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Elisa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, het hy die koning laat weet: “Waarom het jy jou klere geskeur? Laat hom tog na my toe kom, dan sal hy besef dat daar 'n profeet in Israel is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elisa, die man van God, het gehoor dat die koning sy klere geskeur het, en hy het vir die koning 'n boodskap gestuur en vir hom gevra: “Hoekom skeur jy jou klere? Stuur Naäman na my toe, sodat hy kan weet daar is 'n profeet in die land Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elisa het gehoor hoe die koning te kere gegaan en sy klere geskeur het. Hy het toe vir hom ’n boodskap gestuur: “Vir wat is jy so ontsteld? Stuur die man na my toe. Dan sal hy uitvind dat hier werklik ’n profeet in Israel is!”