2 Kings 5:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal die melaatsheid van Naäman aan jou en jou nageslag vir ewig kleef. En hy het van sy aangesig weggegaan, 'n melaatse so wit soos sneeu. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat jy dit gedoen het, sal jy en jou nageslag vir altyd ly aan die melaatsheid van Naäman.” Toe Gehasi die vertrek verlaat, was hy reeds melaats, so wit soos sneeu. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu. |
| Afrikaans 1983 | Die melaatsheid waarmee Naäman aangetas was, sal vir altyd aan jou en jou nageslag sit.” Toe hy van Elisa af weggaan, was hy klaar melaats, wit soos sneeu. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die velsiekte van Naäman sal aan jou en jou nageslag kleef vir altyd.” Toe Gehasi van hom af weggaan, het hy die velsiekte gehad – soos sneeu. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Naäman was melaats, en sy siekte sal nou aan jou vassit en ook aan jou nageslag, julle sal altyd melaats wees.” En toe Gehasi weggaan van Elisa, was Gehasi melaats, sy vel was so wit soos sneeu. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat jy dit gedoen het, gaan jy en jou nageslag altyd aan die velsiekte ly waarvan Naäman so pas gesond geword het.” Toe Gehasi van Elisa af weggaan, was sy vel reeds spierwit uitgeslaan van die siekte. |