2 Kings 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Het my hart nie saam met jou gegaan toe die man omgedraai het van sy strydwa jou tegemoet nie? Is dit 'n tyd om geld te ontvang en om klere te ontvang en olyfbome en wingerde en skape en beeste en slawe en slavinne? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Elisa sê vir hom: “Het my hart nie saamgegaan toe ’n man van sy wa afgeklim het om jou te ontmoet nie? Is dit die tyd om geld en klere, olyfboorde en wingerde, skape en beeste, slawe en slavinne in die hande te kry? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe 'n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne? |
| Afrikaans 1983 | Hy sê toe vir hom: “Was ek nie in die gees by jou toe iemand van sy wa af omgedraai het om jou tegemoet te gaan nie? Moes jy dié geleentheid aangryp om silwer en klere in die hande te kry, of olyfboorde en wingerde, kleinvee en grootvee, slawe en slavinne? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elisa sê toe vir hom: “Was ek nie in die gees teenwoordig toe 'n man van sy strydwa af omgedraai het om jou tegemoet te gaan nie? Was die tyd dan ryp om silwer te neem, om klere te neem, en daarmee olyfboorde en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne te bekom? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Elisa: “Ek het gesien hoe die man van sy wa afgeklim het en vir jou gewag het. Dit is nie nou die tyd om silwer en klere te neem nie, en ook nie olyfboorde en wingerde en skape en bokke en beeste en slawe en slavinne nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Elisa het gesê: “Gehasi, ek was in die gees dáár toe ’n man van sy wa afgeklim het om jou te ontmoet. Dis tog nie nou die tyd om geld en klere in die hande te kry, of om olyfboorde, wingerde, skape en beeste of slawe en slavinne bymekaar te maak nie! |