2 Kings 5:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het ingegaan en voor sy heer gaan staan. En Elísa sê vir hom: Waar kom jy vandaan, Gehasi? En hy sê: U dienaar het nêrens heen gegaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy by die profeet kom, vra Elisa vir hom: “Waar was jy, Gehasi?” “Ek was nêrens heen nie,” antwoord hy.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê El¡sa vir hom: Vanwaar, Geh si? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.
Afrikaans 1983 en hy inkom en by die profeet gaan staan, vra Elisa vir hom: “Waar kom jy vandaan, Gehasi?” Hy het geantwoord: “Ek was nêrens heen nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar hy het na binne gegaan en by sy heer gaan staan. Elisa het vir hom gevra: “Vanwaar, Gehasi?” Hy het geantwoord: “U dienaar het nêrens heen gegaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gehasi het teruggekom by sy meneer, en toe hy by Elisa staan, vra Elisa: “Van waar kom jy, Gehasi?” Gehasi het gesê: “Nee, ek was nie weg nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy weer by Elisa kom, het Elisa vir hom gevra: “Waar was jy, Gehasi?” “Ek was nêrens heen nie,” het hy geantwoord.