2 Kings 5:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Alles is goed. My heer het my gestuur om te sê: Kyk, nou het daar twee jongmanne uit die profete-seuns na my gekom van die berg Efraim af; gee tog vir hulle 'n talent silwer en twee onderklere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee, alles is reg,” antwoord Gehasi. “My meester het my gestuur om vir u te sê twee jong profete het so pas uit die Efraimsberge aangekom. Hy sou graag 34 kilogram silwer en twee stelle klere wou hê om vir hulle te gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy antwoord: Dit gaan goed; my heer stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne, profete-seuns, van die gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog 'n talent silwer en twee stel klere. |
| Afrikaans 1983 | “Niks nie,” het hy geantwoord. “Die profeet het my gestuur om te sê: Daar het nou net twee jongmanne van die profetegemeenskap hier aangekom van die Efraimsberge af, en sal u nie asseblief vir hulle vier en dertig kilogram silwer en twee stelle klere gee nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy antwoord toe: “Alles is reg. My heer het my gestuur om te sê, ‘Kyk, daar het nou net twee jong manne van die heuwelland van Efraim af by my aangekom. Hulle is van die profetegroep. Gee asseblief vir hulle 'n kikkar silwer en twee stelle klere. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gehasi het gesê: “Nee, daar is niks verkeerd nie. My meneer het my gestuur om te sê daar het nou twee jongmanne van die Efraim-berg by hom gekom. Hulle is profete, en jy moet asseblief vir my meneer 'n talent silwer gee en ook klere vir twee persone.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ja, dankie,” het hy geantwoord, “maar Elisa het my gou met ’n versoek gestuur. Hy sê daar het nou pas twee jong profete uit die bergland van Efraim by hom aangekom. Sal u asseblief vir hulle 34 kilogram silwer en twee stelle klere gee?” |