2 Kings 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Arameërs het in menigte uitgetrek en 'n diensmeisie uit die land van Israel as gevangenes weggevoer; en sy het op Naäman se vrou gewag.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Arameërs het strooptogte in die land Israel uitgevoer en ’n jong Israelitiese meisie gevang. Sy het die diensmeisie van Naäman se vrou geword.
Afrikaans 1933/1953 En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die land van Israel 'n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Naäman se vrou gekom het.
Afrikaans 1983 Op een van hulle strooptogte het die Arameërs 'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Arameërs het in roofbendes uitgetrek en 'n klein dogtertjie uit die land Israel weggevoer. Sy was in diens van Naäman se vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Arameërs het voorheen eendag 'n paar stede in die land Israel gaan aanval. Naäman het toe 'n klein dogtertjie van Israel saamgebring om vir sy vrou te werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aramese bendes het in dié tyd strooptogte in dele van Israel uitgevoer. Een van hulle gevangenes was ’n jongmeisie. Sy het in Naäman se huis beland as bediende vir sy vrou.