2 Kings 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Naäman: Sal daar tog nie twee muile grond aan u dienaar gegee word nie? want u dienaar sal voortaan geen brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie, maar aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Naäman sê toe: “As u dit nie wil neem nie, sal u toelaat dat ek twee muilvragte grond kry om saam te vat? Van nou af sal ek nooit weer brandoffers of ander offers aan enige god bring nie as net aan die Here.
Afrikaans 1933/1953 En Naäman het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar 'n vrag grond gegee word, soveel as 'n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie as net aan die HERE.
Afrikaans 1983 Toe sê Naäman: “As u dan nie iets wil hê nie, wil u nie asseblief vir my twee muilvragte grond laat kry nie? Daarop wil ek brandoffers en ander diereoffers bring, net aan die Here, nie langer aan enige ander god nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Naäman: “As u nie kan nie, laat daar dan asseblief aan u dienaar twee muilvragte grond gegee word; want u dienaar sal nie meer 'n •brandoffer of 'n •maaltydoffer aan ander gode bring nie, net aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Naäman: “As jy niks wil neem nie, mag ek dan asseblief 'n vrag grond saamneem, soveel soos twee muile kan dra? Ek wil van nou af net vir die Here offers bring, nie meer vir ander gode nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Naäman vir hom: “As u dan niks wil hê nie, mag ek maar iets vra? Kan ek ’n vraggie grond hiervandaan saamneem? Ek wil van nou af nie meer vir enige ander gode diere offer nie. Ek wil net die Here só vereer.