2 Kings 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie ek staan, ek sal niemand aanneem nie. En hy het hom aangespoor om dit te neem; maar hy het geweier.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Elisa antwoord hom: “So seker as die Here leef, Hy vir wie ek dien, ek sal geen geskenke aanvaar nie.” Naäman het daarop aangedring dat hy die geskenk aanvaar, maar Elisa het geweier.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie se aangesig ek staan, ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier.
Afrikaans 1983 Maar Elisa het gesê: “So seker as die Here leef in wie se diens ek is, ek sal dit nie aanvaar nie.” Naäman het by Elisa daarop aangedring om dit te aanvaar, maar hy het bly weier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Elisa het gesê: “So waar as die Here leef in wie se diens ek staan, ek sal dit nie neem nie!” Naäman het by hom aangedring om dit te aanvaar, maar hy het geweier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Elisa het geantwoord: “So seker soos die Here lewe, die Here vir wie ek werk, ek sal niks van jou neem nie.” Naäman het aangehou, maar Elisa wou niks neem nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elisa het volstrek geweier. Hy het gesê: “Net so seker as wat ek is dat die Here wat ek dien, lewe, so seker is ek dat ek nooit die geskenk van jou sal aanvaar nie!” Hoe Naäman ook al by hom gepleit het, Elisa het die geskenk bly weier.