2 Kings 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is Abana en Farpar, riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? mag ek nie daarin was en rein word nie? Daarom het hy omgedraai en woedend weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is die Abana en Parpar van Damaskus nie beter riviere as al die riviere van Israel saam nie? Hoekom kan ek my nie in een van hulle gaan was en so gesond word nie?” Naäman het toe omgedraai en in woede weggegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Is Ab na en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery. |
| Afrikaans 1983 | Is die riviere van Damaskus, die Abana en die Parpar, nie beter as al die waters van Israel nie? Kan ek my nie daarin was om rein te word nie?” So het hy woedend daarvandaan teruggery. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is Abana en Parpar, die riviere van Damaskus, dan nie beter as al die waters van Israel nie? Kan ek my nie daarin was en rein word nie?” Hy het toe omgedraai en woedend weggegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Abana-rivier en die Parpar-rivier van Damaskus is beter as al die water van Israel. As ek my in 'n rivier moet was om rein te word, dan kon ek dit daar gedoen het.” Naäman was baie kwaad en hy het weggery. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is die Abanarivier en die Parparrivier van Damaskus nie in elk geval beter as al Israel se riviere saam nie? Waarom kan ek my nie dáár gaan was om gesond te word nie?” Hy is toe woedend daar weg. |