2 Kings 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Naäman was kwaad en het weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my toe uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek slaan en die melaatse.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Naäman het baie kwaad weggegaan en gesê: “Ek het gedink hy sal uitkom en my ontmoet! Ek het verwag dat hy sy hand oor die melaatsheid sou waai en die Naam van die Here sy God aanroep en so vir my gesond maak!
Afrikaans 1933/1953 Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.
Afrikaans 1983 Naäman het vererg weggery en gesê: “Ek het darem gedink hy sou uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die melaatsheid wegneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Naäman het hom vererg en weggegaan. Hy het gesê: “Kyk, ek het gedink hy sal beslis na my toe uitkom, en gaan staan en die Naam van die Here sy God aanroep, en sy hand oor die plek beweeg en die velsiekte wegneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Naäman het kwaad geword en hy het gery. Hy het gesê: “Ek het gedink Elisa sal uitkom en by my kom staan. Ek het gedink hy sal sy hand oor die seerplekke beweeg en my gesond maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Naäman het hom bloedig vir Elisa vererg. Hy het weggegaan en gesê: “Ek het gedink dat hy ten minste na my toe sou uitkom en dat hy die Here sy God se Naam sou aanroep. Ek het gedink dat hy dan sy hand oor die seerplekke sou beweeg sodat die vel gesond kan word.