2 Kings 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy sê vir haar man: Kyk tog, ek merk dat dit 'n heilige man van God is wat gedurigdeur by ons verbygaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Na ’n tyd sê sy vir haar man: “Ek dink die man wat dikwels hier by ons aankom, is ’n heilige man van God.
Afrikaans 1933/1953 En sy het aan haar man gesê: Kyk tog, ek merk dat dit 'n heilige man van God is wat gedurig by ons verbygaan;
Afrikaans 1983 Sy het vir haar man gesê: “Ek weet dit is 'n heilige man van God wat gereeld hier by ons aankom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het vir haar man gesê: “Kyk, ek is daarvan oortuig dat dit 'n heilige man van God is wat gereeld hier by ons verbygaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag het sy vir haar man gesê: “Luister na wat ek sê, die man van God is 'n gewyde man en hy kom baie maal by ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eendag het sy vir haar man gesê: “Weet jy, ek is seker die besoeker wat dikwels hier by ons kom eet, is ’n spesiale boodskapper van God.