2 Kings 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het op 'n dag gekom dat Elísa na Sunem oorgegaan het, waar 'n groot vrou was; en sy het hom gedwing om brood te eet. En so het hy so dikwels as hy verbygegaan het, daarheen ingedraai om brood te eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n keer het Elisa na die dorp Sunem toe gegaan. Daar het ’n baie welgestelde vrou gewoon. Sy het by hom aangedring om by hulle te kom eet. Van toe af het hy elke keer wanneer hy daar verbygegaan het daar geëet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op 'n dag het El¡sa verbygegaan na Sunem; en daar was 'n vermoënde vrou wat by hom aangehou het dat hy brood sou eet. En so dikwels as hy verbygaan, het hy daarheen weggedraai om brood te eet. |
| Afrikaans 1983 | Op 'n dag het Elisa na Sunem toe gegaan. Daar was 'n vooraanstaande vrou wat by hom daarop aangedring het om vir ete oor te bly. Elke keer as hy daar verbykom, het hy eers by haar aangegaan om te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op 'n dag het Elisa na Sunem oorgegaan. Daar was 'n invloedryke vrou, en sy het daarop aangedring dat hy by haar eet. Telkens wanneer hy daar verbygegaan het, het hy daarheen afgedraai om te eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Elisa eendag in die stad Sunem kom, het 'n ryk vrou hom genooi om by hulle te kom eet. Hy het toe elke maal wanneer hy daar gekom het, na haar huis gegaan om te eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Elisa deur die dorp Sunem gereis. ’n Vooraanstaande vrou van die dorp het by hom aangedring om iets by haar huis te kom eet. Daarna het dit elke keer gebeur. Wanneer hy in die dorp was, het hy by haar iets gaan eet. |