2 Kings 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het sy gekom en dit aan die man van God vertel. En hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld, en laat jy en jou kinders van die ander lewe lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het vir die man van God gaan vertel wat gebeur het. Hy sê vir haar: “Gaan verkoop nou die olie en betaal jou skuld. Van dit wat oorbly, kan jy en jou seuns lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe. |
| Afrikaans 1983 | meer olie uit die kannetjie gekom nie. Sy het by die man van God aangekom en dit vir hom vertel. Hy het gesê: “Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oorbly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het gegaan en dit vir die man van God vertel. Hy het gesê: “Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oor is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe het daar nie meer olyf-olie uit die kruikie gekom nie. Sy het dit vir die man van God gaan sê, en hy het gesê: “Gaan verkoop nou die olyf-olie en betaal die skuld. Jy en jou seuns kan dan lewe van die geld wat oorbly.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die weduwee het vir Elisa gaan vertel wat gebeur het. Hy sê toe vir haar: “Gaan verkoop nou die olie. Betaal jou skuld af en gebruik die geld wat oor is om jou en jou seuns te onderhou.” |