2 Kings 4:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy dienaar sê: Wat, moet ek dit aan honderd man voorhou? Hy sê weer: Gee die volk dat hulle kan eet, want so sê die HERE: Hulle sal eet en daarvan oorbly.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat?” sê sy dienaar. “Hoe kan ons 100 mense met so min kos gee?” Maar Elisa het herhaal: “Gee dit vir die mense sodat hulle kan eet, want die Here sê daar sal genoeg vir almal wees. Daar sal selfs nog oorbly!”
Afrikaans 1933/1953 En sy dienaar antwoord: Hoe kan ek dit aan honderd man voorsit? Maar hy sê: Gee vir die mense, dat hulle eet, want so spreek die HERE: Hulle sal eet en oorhou.
Afrikaans 1983 Maar sy slaaf het beswaar gemaak: “Hoe kan ek die bietjie kos aan 'n honderd man voorsit?” Maar Elisa het weer gesê: “Gee dit vir die mense om te eet, want so sê die Here: Hulle sal eet en nog oorhou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sy helper sê: “Hoe kan ek dit vir honderd man gee?” Hy het geantwoord: “Gee vir die mense, dat hulle kan eet, want so sê die Here, ‘Hulle sal eet en daar sal oorbly.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar sy bediende het gesê: “Ek kan nie hierdie kos vir 100 manne gee nie, dit is te min.” Elisa het gesê: “Gee dit vir die manne sodat hulle kan eet, want die Here sê hulle sal genoeg eet en daar sal nog oorbly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy assistent kon dit nie glo nie. “Hoe moet ek hiermee vir 100 mense kos gee? Dis heeltemal te min!” het hy gevra. Elisa het geantwoord: “Deel jy dit maar net uit. Die Here het gesê hulle sal genoeg hê om te eet en daar sal nog oorbly ook.”