2 Kings 4:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n man van Baälsálísa gekom en vir die man van God brood van die eerstelinge gebring, twintig garsbrode en vol are in die doppe daarvan. En hy sê: Gee aan die volk, dat hulle kan eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag bring ’n man van Baäl-Salisa vir die man van God ’n sak vars koring en twintig garsbrode van die nuwe oes. Elisa sê vir hom: “Gee dit vir die mense sodat hulle dit kan eet.”
Afrikaans 1933/1953 En daar het 'n man van Baäl-Sal¡sa gekom en vir die man van God eerstelingsbrode, twintig garsbrode, en vars graan in sy mandjie gebring. En hy het gesê: Gee vir die mense, dat hulle eet.
Afrikaans 1983 Daar het 'n man uit Baäl-Salisa aangekom wat vir die man van God brood gebring het, twintig garsbrode gebak met meel van die nuwe oes, en ook vars koringare. Elisa het gesê: “Gee dit vir die mense om te eet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het 'n man uit Baäl-Salisa gekom wat vir die man van God brood van die oes se eerste opbrengs en twintig garsbrode gebring het, asook vars graan in sy kossak. Elisa sê toe: “Gee vir die mense, dat hulle kan eet!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand van die stad Baäl-Salisa het vir die man van God 20 garsbroodjies gebring van gars wat nog vars was, en ook vars koring-are. Elisa het gesê: “Gee dit vir die manne sodat hulle kan eet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man uit Baäl-Salisa het by Elisa aangekom met twintig garsbrode en ’n sak graan. Dit het uit die eerste deel van sy oes gekom. Elisa het gesê: “Deel dit aan ons mense uit, dat hulle kan eet.”