2 Kings 4:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy sê: Bring dan meel. En hy het dit in die pot gegooi; en hy sê: Gooi uit vir die volk, dat hulle kan eet. En daar was geen kwaad in die pot nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Elisa sê toe vir hulle: “Bring vir my ’n bietjie meel.” Hy neem dit, gooi dit in die pot en sê: “Nou is dit weer eetbaar. Gaan gerus aan met die ete.” Toe hulle dit eet, was dit nie meer sleg nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy sê: Gaan haal dan meel. En hy gooi dit in die pot en sê: Skep uit vir die mense, dat hulle eet. En daar was niks verkeerds in die pot nie.
Afrikaans 1983 Elisa het gesê: “Bring 'n bietjie meel.” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Skep op vir die mense dat hulle kan eet.” Die kos in die pot was toe nie meer giftig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe: “Gaan haal meel!” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Deel uit vir die mense sodat hulle kan eet!” Daar was toe nie meer iets skadeliks in die pot nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Elisa het gesê hulle moet vir hom meel bring, en hy het die meel in die pot gegooi en gesê: “Skep nou van die kos vir die manne.” Hulle het geëet, en daar was toe niks verkeerd met die kos nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elisa het gesê: “Bring vir my ’n bietjie meel.” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Nou is dit reg. Julle kan maar inskep,” en niemand het iets daarvan oorgekom nie.