2 Kings 4:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe uitgegooi vir die manne om te eet. En terwyl hulle besig was om van die kos te eet, het hulle uitgeroep en gesê: O man van God, daar is dood in die pot! En hulle kon nie daarvan eet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die bredie opgeskep, maar nadat hulle ’n hap of twee geëet het, roep hulle: “Man van God, daar is gif in die bredie!” Hulle kon nie verder eet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle vir die manne opgeskep om te eet; maar net toe hulle van die kooksel eet, skreeu hulle en roep: Man van God, die dood is in die pot! En hulle kon dit nie eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het met ete vir die manne van die bredie opgeskep, maar net toe hulle dit proe, roep hulle uit: “Man van God, daar is gif in die kos!” Hulle kon dit nie eet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit vir die manne uitgedeel om te eet, maar toe hulle van die gereg begin eet, roep hulle uit en sê: “Die dood is in die pot, man van God!” Hulle kon dit nie eet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het later vir die manne kos geskep om te eet, maar toe hulle die kos proe, het hulle geskree: “ Man van God, die kos is giftig!” Hulle kon dit nie eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die bredie gaar was, het hulle begin inskep. Maar toe hulle dit proe, het hulle uitgeroep: “Man van God! Dié kos is giftig!” en geweier om verder te eet. |