2 Kings 4:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een het uitgegaan in die veld om kruie te pluk, en hy het 'n wilde wingerdstok gevind en sy skoot vol daarvan gepluk en gekom en dit in 'n pot pot gesny, want hulle het dit nie geken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van die jong mans gaan toe om kruie in die veld te soek. Hy kom af op ’n rank met wilde komkommers en pluk daarvan ’n sak vol. Toe hy terugkom, sny hy dit stukkend in die pot sonder dat hy geweet het wat dit was.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan een uit in die veld om groente te versamel; en hy het wilde ranke gekry en daarvan sy kleed vol karkoere gepluk en gekom en dit in die kookpot stukkend gesny; want hulle het dit nie geken nie.
Afrikaans 1983 Een van hulle is veld toe om te gaan kruie pluk. Hy het op wilde ranke afgekom en wildekomkommers daarvan afgepluk tot sy sakke vol was. Hy het dit in die pot met bredie gaan insny sonder om te weet wat dit regtig was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van hulle het uitgegaan in die veld om wildemalvablare te pluk. Hy kom toe af op 'n wilde rankplant en pluk bitterappels daarvan af, totdat die vou in sy kleed vol was. Hy kom toe en sny dit op in die pot met die gereg, alhoewel hulle dit nie geken het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die profete het uitgegaan veld toe om kruie te pluk. Hy kry toe 'n wilde plant wat vrugte gedra het, en hy pluk sy sak vol. Toe kom hy terug en hy sny die vrugte in stukkies en gooi dit in die pot. Maar hy het nie die vrugte geken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die manne het uitgegaan veld toe om te help kruie pluk vir die bredie. Hy het op ’n wilde rankplant met vrugte afgekom en ’n klomp daarvan gepluk. Hy het die vrugte in die bredie ingesny sonder dat hy geweet het wat dit was.