2 Kings 4:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Elísa het weer in Gilgal aangekom, en daar was gebrek in die land; en die profete-seuns het voor hom gesit; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa het teruggegaan na Gilgal toe. Daar was egter hongersnood in die land. Eendag, terwyl ’n groep jong profete voor hom sit, sê hy vir sy dienaar: “Sit ’n groot pot op die vuur en maak ’n bredie vir die jong profete.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Weer het El¡sa in Gilgal gekom, en daar was hongersnood in die land; en terwyl die profete-seuns voor hom sit, sê hy aan sy dienaar: Sit die groot pot op en maak 'n kooksel klaar vir die profete-seuns. |
| Afrikaans 1983 | Elisa is terug Gilgal toe. Daar was in dié tyd 'n hongersnood in die land. Terwyl die profete aan sy voete gesit het, sê hy vir sy slaaf: “Sit 'n groot pot op die vuur en kook 'n bredie vir die profete.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elisa het teruggegaan na Gilgal. Daar was hongersnood in die land. Terwyl die profetegroep voor hom sit, het hy vir sy dienaar gesê: “Sit 'n groot pot op en kook 'n gereg vir die profetegroep.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa het teruggegaan na die stad Gilgal. Daar was hongersnood in die land. Eendag toe hy besig was om vir die profete te leer, het hy vir die jongman by hom gesê: “Sit die groot pot op die vuur en kook kos vir die profete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa is toe terug Gilgal toe. Daar was in dié tyd ’n hongersnood in daardie omgewing. Die dorp se profetegroep het by Elisa vergader. Hy het vir Gehasi gesê: “Sit ’n groot pot op die vuur en maak ’n bredie vir ons om te eet.” |