2 Kings 4:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna het sy ingegaan en voor sy voete geval en haarself na die grond gebuig en haar seun opgeneem en uitgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy kom toe in, val voor hom neer en buig voor hom, oorstelp van dankbaarheid. Sy het haar seun opgetel en hom ondertoe gedra.
Afrikaans 1933/1953 En sy het ingekom en voor sy voete geval en na die aarde gebuig; en sy het haar seun opgetel en uitgegaan.
Afrikaans 1983 Sy het ingekom en by sy voete op haar knieë geval en gebuig. Toe tel sy haar kind op en gaan uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het na binne gegaan, by sy voete neergeval en diep neergebuig teen die grond. Toe tel sy haar seun op en gaan uit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het gekom en by Elisa se voete gaan lê met haar gesig teen die grond. Toe het sy haar kind opgetel en uitgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het dankbaar voor hom neergesak, die kind opgetel en hom ondertoe gedra.